Gaan na inhoud

Firefox

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Mozilla Firefox)
Firefox
Kort opsomming van die logo.
Firefox 57 op Windows 10

Ontwikkelaar Mozilla-stigting/Mozilla Corporation
Nuutste weergawe 133.0[1] Edit this on Wikidata/ 26 November 2024
Nuutste betaweergawe 134.0b9[2] Edit this on Wikidata/ 11 Desember 2024
Programmeertaal C++, JavaScript, C, Rust
Bedryfstelsel Windows, OS X, Linux
Beskikbaar in Afrikaans en baie andere tale
Kategorie Webblaaier
Lisensie MOL, MOL/GPL/LGPL trilisensie
Webblad www.mozilla.org/en-US/firefox/new/ Edit this at Wikidata

Mozilla Firefox, meer eenvoudig bekend as Firefox (oorspronklik bekend as Phoenix en kortliks as Mozilla Firebird) is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers.

Met Firefox beoog die Mozilla-stigting om 'n klein, vinnige, eenvoudige en hoogs uitbreibare webblaaier te ontwikkel wat onafhanklik van die Mozilla-suite staan. Firefox het die fokus van Mozilla-ontwikkeling geword, tesame met die Mozilla Thunderbird e-posleser, en het die Mozilla-suite vervang as die amptelike blaaier van die Mozilla-stigting.

Ondersteuning van Afrikaans

[wysig | wysig bron]

Die Mozilla-stigting het op 31 Mei 2007 aangekondig dat die Firefox-blaaier vir die eerste keer ook in Afrikaans beskikbaar is. Die blaaier word deur translate.org.za vir Afrikaanssprekendes gelokaliseer.

Die voordeel van so 'n blaaier is dat die koppelvlak in Afrikaans is, maar ook dat die taalvoorkeur outomaties na Afrikaans gestel is. Webtuistes wat in Afrikaans beskikbaar is, soos Google, Facebook en andere, sal dus outomaties in Afrikaans laai.

'n Afrikaanse speltoetser is ook beskikbaar wat spelfoute kan uitwys soos mens in teksareas tik.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Firefox 133.0, See All New Features, Updates and Fixes" (in Engels). 26 November 2024. Besoek op 26 November 2024.
  2. "Index of /pub/firefox/releases/134.0b9/" (in Engels). 11 Desember 2024. Besoek op 12 Desember 2024.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]